Limf

Limf
Inligting en eksterne bronne
Diagram wat die vorming van limf uit interstisiële vloeistof (hier gemerk as "Tissue fluid"). Let op hoe die vloeistof in die toe punte van die limf haarvate binnedring (donkergroen pyle)
Diagram wat die vorming van limf uit interstisiële vloeistof (hier gemerk as "Tissue fluid"). Let op hoe die vloeistof in die toe punte van die limf haarvate binnedring (donkergroen pyle)
Inligting
Latyn Lympha
Eksterne bronne
FMA 9671

Limf is die vloeistof wat in die limfatiese stelsel sirkuleer. Limf word gevorm wanneer die interstisiële vloeistof (die vloeistof wat in die tussenruimtes van alle liggaamsweefsel voorkom)[1] deur kapillêre limfvate versamel. Dit word dan deur middel van groter limfvate na die limfknope vervoer, waar dit deur limfosiete gereinig word, en vloei uiteindelik in die regte of linker subklaviese aar, waar dit met die bloedstroom meng.

Aangesien die limf afkomstig is van die interstisiële vloeistof, verander sy samestelling voortdurend soos wat die bloed en die omliggende selle stowwe uitruil met die interstisiële vloeistof. Sy samestelling is soortgelyk aan dié van bloedplasma, die vloeistofkomponent van bloed. Die limfstelsel sorg daarvoor dat proteïene en oortollige interstisiële vloeistof na die bloedstroom terugkeer. Bakterieë word deur die limfvloei meegesleur en teruggebring na die limfknope, waar hulle vernietig word. Metastatiese kankerselle kan ook deur die limfstelsel vervoer word. Limf vervoer verteerde vette in chylomikrone vanaf die spysverteringstelsel, beginnende in die lakteale vate, na die bloedstroom.

Die woord limf is afgelei van die naam van die antieke Romeinse godheid van vars water, Lympha.

  1. Fluid Physiology: 2.1 Fluid Compartments

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search